Kuala Lumpur

Kuala Lumpur
كوالا لومڤور

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Maleisië Maleisië
 Deelstaat Federale distrik
 Koördinate 3°08′N 101°41′O / 3.133°N 101.683°O / 3.133; 101.683
 Stigting 1859
 Stadstatus 1 Februarie 1972
 Federale distrik 1 Februarie 1974
 Oppervlakte:  
 - Totaal 243,65 vk km
 Hoogte bo seevlak 66 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2015) 1 768 000
 - Bevolkingsdigtheid 6 891/vk km
 - Metropolitaanse gebied 7 200 000
 Tydsone UTC +8 (MST)
 Burgemeester (Datuk Bandar) Mhd Amin Nordin Abdul Aziz
 Amptelike webwerf dbkl.gov.my

Kuala Lumpur of Koeala Loempoer (Maleis: [ˈkwɑlɑlʊmpʊ] of plaaslik: [kwɑləlʊmpɔ, kɔlɔmpɔ]) is die hoofstad en grootste stad van Maleisië met 'n bevolking van 1,9 miljoen mense in die stadsgebied en 7,5 miljoen in Groter Kuala Lumpur, wat ook as Klang Valley bekend staan. Klang Valley is sowel ten opsigte van sy bevolking asook sy ekonomie die vinnigste groeiende metropolitaanse gebied in die land.

Die Jamek-moskee by die samevloeiing van die Gombak- (links) en die Klangrivier (regs). Die vroegste nedersetting van Kuala Lumpur het aan die oostelike kant van die rivieroewer ontstaan (op die regterkant van die beeld)

As die setel van die Maleisiese parlement fungeer Kuala Lumpur as die wetgewende hoofstad van die land, terwyl die uitvoerende en regsprekende owerhede vanaf 1999 na Putrajaya verskuif is. Kuala Lumpur huisves daarnaas ook die ampswoning van die Maleisiese koning (Yang di-Pertuan Agong), die Istana Negra. Die stad is die beduidendste ekonomiese en kulturele sentrum van die land en word as 'n wêreld- of gamma-stad geklassifiseer.

Kuala Lumpur is die tuiste van die hoogste tweelinggebou in die wêreld, die Petronas-torings, wat 'n ikoon geword het vir Maleisië se futuristiese ontwikkeling.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search